Dis Mooi se storie

Ek is Abbigail Jacobs, stigter van Dis Mooi.

Dis Mooi het aanvanklik as net ‘n aanlyn klerewinkel begin in 2017. Ek het in 2019 swanger geraak en soos baie ander mammas my drome eers op ys gesit.

Met tyd het ek weer met my Dis Mooi blad begin, maar dié keer anders. Ek het begin deel wat op my hart lê en wat ek voel nodig is in die wêreld. In 2025 het ek weer begin met klere, maar die keer pre-loved klere. Ek het ‘n groot liefde vir thrift.

Met tyd het ek ook ontdek dat ek dit baie geniet om ander te help. Daaruit het my Ruimte om te groei joernaal ontstaan en ook my nuwe mentorskap reis Built From Within waar ek ander help om iets van hulle eie te bou.
Ek is net ‘n gewone mens met ‘n baie groot passie vir bou, veral vanuit jou hart!

Waarom Dis Mooi Bestaan

Baie van ons sit vol idees en drome, maar ons weet nie hoe om te begin nie.

Dis Mooi is ’n huis vir die mense wat wil voel, verstaan en dan begin bou.

Of dit ’n dagboek, ’n nuwe gewoonte, ’n klein projek of ’n stil onderneming is – ek help jou om die eerste realiteit te skep.

Subscribe to our newsletter and get 15% off your next order

0